Afrikaanse Gesegdes en Idiome van toeka tot nou

 Nou ja toe, kom ons grou ‘n paar ou koeie uit die sloot!
Hierdie ou koeie is natuurlik ‘n perd van ‘n heel anderste kleur en party van ons sal maar sukkel om die kloutjie by die oor te kry.

Moet nou net nie vir my kom vertel dat ek hamer alweer op dieselfde aambeeld nie, want dit is ‘n bietjie dik vir ‘n daalder.

Ek steek graag... my neus in ander mense se sake.

Iemand 'n steek onder water gee? Dit klink vir my na waterbestuiwing.

 
Die werklikheid word ʼn skoen met afgeloopte hakke en ʼn los naat.

Vrede het soos die moer van goeie ou wyn in my siel neergeslaan.

Berge skuif hiernatoe en bedek my!

Ek staan soos ʼn bedremmelde nat hoender op een plek.

Maer beentjies met die dubbeldoorkniekoppe.

Die dae het omgewoerts-warts

Die mini het net soos die muskiet en die kakkerlak gekom om te bly.

Ekskuus-tog-dat-ek-leef-diertjies. – Dit is donkies. Mens kry sulke (Ekskuus-tog-dat-ek-leef-mense) ook.

Sy’s ʼn bom! – Sy is mooi.

My woorde spring weg soos balle teen ʼn gladde muur.

Gedagtes van my jeug, is die spyker in my siel en/of; elke sware slag is 'n spyker in my siel.

Elke storm moet hom uitwoed – Dit wat seermaak moet een of ander tyd heel.

Hy het die meeste lief wat nie weet dat hy liefhet nie.

Hy skep die beste wat nie weet hy skep nie.

Hy bid die beste wat nie weet dat hy bid nie.

So toe soos ʼn oesterskulp – Hy/sy praat nie oor hom/haar self nie.

Die duiwel skud my heen en weer soos 'n brakhondjie (Die versoeking van die duiwel is groot)

Dis 'n dag so uit die onderste laai.

Dis die uur van slimpraatjies – As drankies begin saam gesels.

Met kinkel en swenk sal hulle terugkeer na dieselfde ou storie.

Sy kop slaan sweep – Hy is smoordronk

Het ek nou die verkeerde toilet gespoel? (Word sarkasties gevra aan iemand of jy reg of verkeerd is)

Jy gaan jou alie sien as jy so aanhou karra!

Die ou gee my dronkaardswaansin!

Elkeen het sy plaatjie duwweltjie-dorings – Almal het hulle eie probleme (McF se ma)

Die kluts kwytraak - Deurmekaar raak.

Klits: Iemand klits. ( Iemand slaan.)

So 'n klein klits. (So 'n klein vabond.)

Soos 'n klits aan iemand klou. (Heeltyd naby iemand wees.)

Soos klitsgras aan iemand vassit (Iemand anders nie alleen kan laat nie.)

Snip sweef nog steeds - (Onwerklike gevoel weens geluk ervaar)

As sy nie koue voete kry nie. (Om dalk nie deur te druk met 'n besluit nie )

Het julle ornamente langs julle koppe (Wanneer iemand nie wil luister nie.)

Tjommel soos 'n brommer (Jy moan en groan oor alles.)

Ek is een oomblik in die wolke, die volgende in die modder.

Piet, Paul en Klaas volg Jan Rap en sy maats.

Jy tas rond in ʼn warboel van ellende.

Die luister word kennis en die kennis huiwer op die randjie van begrip.

Hy hink op twee gedagtes.

Ditjies en Datjies – jy gesels oor alles behalwe dit wat pla.

Deur die dag loer ek gou in vir my katbreek en broodbreek of alles wel is, lewer hier 'n dit en daar 'n dat en dan laat waai ek weer met my werk.

Die hele kaboedel is slegter as dagga-as. – Hulle gooi ons naam in die as.

Petrus word uitgepreek (Pieteros) as jy status bewus is.

Dit was gal en edik – Vir haar was al die jare net bittergal en duiwelsdrek.

Beskrywende woorde met gepasde idiome waar moontlik:
Woord: Blanke-onskuld –
Idioom: Witter as sneeu; so onskuldig soos ʼn kind; geen rekord van verkeerde dinge.

Woord: Afgunsduiwel – jaloesie, naywer, kwaadheid, nyd.
Idioom: Die afgunsduiwel stil sy eie gewete – Met allerlei verskonings stel hy homself gerus deur die skuld van naywer op iemand anders te pak.

Woord: Plesierbeker – Jou lewe bestaan uit plesier.
Idioom: Jy drink uit die plesierbeker van die lewe.

Woord: Traanflessie (Bekend in die ou dae as blou geriffelde flessie) dit is volgens oorvertelling ʼn spesiale flessie in die hemel waarin al die trane wat jy op aarde stort, mee gevul word.
Idioom: Flessie vol trane

Woord: Brein-baba –
Idioom: Jou besluite wat jy neem is jou eie brein-baba.

Woord: Kinderleed –
Idioom: Ondraaglike pyn vir die brose sieltjie (klein kind), wat nog nie aan die wêreld se mokerhoue gewoond is nie.

Woord: Diepwater-stories –
Idioom: Wanneer iemand se leed soos skindernuus versprei, gewoonlik met ʼn stertjie bygelas.

Woord: Koerasie – moed, durf. (Hierdie woord het in onbruik verval en as iemand die woord wel gebruik word hy in die verkeerde konteks gebruik. Baie mense dink dat die woord ʼn seksuele betekenis het.)

Woord: Koerasie pitte – Gee jou ekstra krag. (grondboontjies is volgens sommige mans die regte medisyne om jou seksueel op hol te jaag. Weereens is die betekenis anders as wat meeste mense dink. Koerasie pitte is grondboontjies.)

Woord: Konkaaf – hol, holrond, uitgehol. (Konkaaf is 'n baie ou woord en word min gebruik. In my ouers se huis hang 'n vergroting van my oupa se pa en die vergroting en so holrond glas wat uitstaan.) Die tipe glas word konkaaf genoem.

Woord: Priller dae – jeug jare (priller is ʼn woord wat in ongebruik verval het.)

Beskrywende Woorde: Stap
Loslitstappie – Gemaklik

Wipstap – As iemand kwaad is en met 'n wipstap wegloop van jou.

Waggelstappie – Lyk asof die persoon wals. Dit is so een, twee, drie; stap


Jy kan die hond die blaf nie belet - tensy jy nie weet waar Dawid die wortels gegrawe het

Elke donker wolk het ’n silwer rand - maar gee eerder jou vrou ’n ring met ’n goue pand.

Die aap uit die mou laat - maar wat op aarde sal dit jou baat want al dra ‘n aap ‘n goue ring - bly hy steeds ‘n lelike ding.

Waarom jou pêrels voor die swyne werp? - dra dit eerder saam met die nuwe deftige serp.

Baie honde is ’n haas se dood - pasop dat jy hom nie help van die wal af in die sloot.

Ons moet die bul by die horings pak - maar moet hom nie vir ’n scrum laat sak.

Dis nou ’n perd van ’n ander kleur - kry eerder die Sharks om jou op te beur.

Wat van ’n halwe eier beter as ’n leë dop - gebruik jy hom nie vir ’n souffle, gebruik dan vir sop.

So nou’t ons ’n appeltjie met die ander te skil - Praat Afrikaans en maak ’n verskil!

Kadoel kadaf daar waar die haaie blaf ... as jy nie sterk is nie moet jy slim wees

Stryk die kreukels uit jou kop!

Verwyder die spinnerakke op jou solder!

Besluit wat jy wil hê en gaan daarvoor!

Hulle het gaan skippies kyk / handjies vashou (Verlief wees)

Hy soek jou beeste (Verlief wees)

Ek is so lus vir werk soos vir kaster olie!

As jy nie die berg oor nie gaan jy nie die vlakte sien nie ...

My hare is so reguit ek moet my vinger in 'n plug druk om dit te laat kartel en krul!

Daar is niks wat 'n glas wyn/brandewyn/rum vervolmaak soos my favourite manne (bennie & hennie) of nou die moffie boetie: kent nie.

'n Bokkie baard wat intoom gehou word is darem maar baie sexy, maar nie die bushy soort waar gisteraand se oorskiet nog in vassit nie, DIS 'n passion killer.

Moenie nou kyk nie maar ek het ook voete van klei!

Ek het nie rooi hare nie, maar my humeur is so kort soos ek.

As mense my probeer fool met hul bulldust stories poof ek 'n perd en gaan ry die Durban July.


'n Oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand los 'n land vol papbek blindes waar eenoog op die ou end koning kraai

Dit reën nou verouderde tuiste-ingeneurs met stofsuiers hier by ons.

Ma se gesegde. "Dit reën en dis nat en die water die spat, maar mamma bak pannekoek."

Ek kom ook soos 'n trouroksleep agterna.

Hy's so agter die tyd, as hy omdraai loop hy in homself vas.

As sy aanhou praat soos 'n waterval sonder om iets te sê wat sin maak: Sy het verbale diaree en mentale konstipasie. Haar mond loop oor maar haar brein is verstop.

Klim van die draad af!

Kry nou jou varkies in 'n ry!

'n Bek wat so praat moet konfyt vreet!

Jy praat so reg in my kraal.

Hy's so toe, as hy wind laat blaas sy sokkies op.

Wat die oog nie sien nie gee die gedagtes vry teuels!

'n Man se gedagtes is soos 'n wille perd wat hom nie maklik laat kniehalter nie!

Ek is nou so kwaad, ek kan meisies vang.

Ek skenk sommer geboorte aan 'n rol hakiesdraad. (Kwaad)

Ek skenk sommer geboorte aan 'n otter met 'n klipkop (baie kwaad)

Dan vra my ma hoekom drink ek my badwater? Toe ek haar vertel vreet sy die prop op. (Frustrasie)

Bak ore soos 'n vandisie koei

Krul hare soos 'n vandisielam

Hang gesig soos 'n vandisiedonkie

Uitstaantande soos 'n vandisierot

Hier en daar tande soos 'n vandisieklavier

Groot neusgate soos 'n vandisievark

Die koel is dwarsdeur die kerk. Selfs die peekstoel kon dit nie keer nie.

As jy daai broek in Worcester dra gaan die dowes jou misverstaan. (Dis ook oor daai stywe langbroeke wat klowe skei.

Blou viterjoel het die spring uit jou lollie geneem (Seker maar om die kolonel se dogter teen inbraak te beskerm.)

Jy soek vir seepsop en braaiboud - Jy moet oppas of jy kry 'n loesing

Val eerder in my sop as in my rede - ('n gesegde van Langenhoven)

Soos die armes sal die met IK's laer as hul ouderdomme altyd met ons wees.

Hulle IK's is so laag dat dit op verkeerde plek kop uitsteek.

Almal het gewetes maar soos Eskom sit ons dit af om in die donker te konkel.

Nou ben ik versadig, nou ben ek dik. My pensie is vol en my magie is dik.

Daar is ook 'n gesegde. "Nou is ek so dik soos drie donderwere." en die antwoord: "Moet asseblief net nie dreun nie."

"Spoeg in jou hand en swem uit my lewe uit." (Spoeg is 'n lelike woord maar dit kan met piepie vervang word) Word gebruik as iemand jou aanhoudend pla.

"Raak weg en rapporteer jouself as vermis." Word ook gebruik as iemand jou aanhoudend pla.

Ons moet oppas vir 'n volstruisbeleid en dan kom hap die leeu ons stertvere uit.

Ken jou vriende goed en jou vyande beter.

 
Jy klink soos 'n grêmmefone wat vasgehaak het. (Veral vir die ouens wat so in mens se ore moan oor dieselfde ding oor en oor):

Hulle vure brand verskillende kleure!

As sy nog 'n tequila drink, gaan sy nou nou 'n alwyn op haarself trek, dan word ons almal weer gesteek of vergiftig!

Hulle skrik so groot, de ieder en elk kry amper 'n whiplash!

Sekere mense is maar beter as hullle nie gesien word nie!

Kyk my net met daai koei-uitdrukking aan, jy weet daai kyk waar jy kan sien die torretjie het van die wiel afgespring.

Hy is so happy om te help soos ‘n plaaswerker op payday.

Ek steur my min.


So toe soos 'n Dinkie-toy se (exhaustpyp) uitlaatpyp.

Gooi glas in jou gat (gewoonlik met 'n motor) beteken: maak toe jou venster!

Indien jy nie die deur agter jou toemaak nie: Was jy in 'n stal gebore?

Dit gaan boomskraap (Dit was mos beduidend op swaarkry/armoede.)

Nee, nie so sebore nie, so semoer (ek gebruik dit soms meer ernstig wanneer ek probeer sê dat ek die eienskap ontwikkel het a.g.v. klappe deur die lewe uitgedeel.)

Jou bek gaan maak dat jou gat swaarkry!

Dit lyk al te veel na gatkruip vir aandag.

As jou gat nie aan jou vas was nie sou jy dit ook vergeet het! (Vossie se ma)

Trek jou vinger uit jou gat en werk! (Vossie se ma)

Ek dank jou tot in jou gat! Menende - Ek dank jou tot jou dood/ in jou graf. (Vossie Skoonpa)

Hy het homself poer des nerdes geval!

Sy harregat klapperdop val ‘n duik in die randsteen sonder om ‘n haar te verskuif

Hy bekyk die spul met ‘n waggelkoppie.

Hy's moetoe gesuip!

Kinders, bobbejane en ..(let’s not go there!) sal jou aanhou beproef en toets tot die uiterste indien jy nie die streep trek nie.


Sy skryf 'n vark uit 'n speedcop uit!

Die wag voor my mond is nou weer op vakansie in Margate.

Hoekom blaf jy so vir my ek dog ons ken mekaar al goed?

Prevention is beter as cure so bly maar van die nat grasse af!

Jy wou mos die enjin start, ry nou die flippen kar! (Boeta se uitdrukking vir neem nou jou besluit asb!)

Die lewe is 'n lied maar jy moet jou eie een skryf en nie jou drome op ander sin bou nie.

Ek het geleer om liefde in 'n blaar van 'n boom te sien.


Sit 'n hak aan jou gat! (Wat my ma altyd vir ons gesê het wanneer ons vergeet om 'n deur agter ons toe te maak.)

As iemand sonder ophou babbel is dit verbale diaree.

Sy praat soos 'n waterval!

 
Lang nek soos 'n honger tier.

Skerp gesig soos 'n kwartpond kaas.

Opskeerkuif soos 'n resieshoender.

Klein koppie soos 'n 'party' frikkadel.

Optrek-kuite soos 'n partytjiekokkerot.

'n Pak op sy tyd, is soos brood en konfyt!

Parra deur die vlei trek (gebruik maar verbeelding - dis 'n gamtoosvallei sêding)

So toe soos 'n kleios se gat.

Moenie so Jannie Jammergat wees nie.

Vra ek jou - met trane in my navy blue eyes!


Wit ooghare soos 'n creameryvark

Klein koppie soos 'n siek tier

Haasbek soos 'n waenhuisdeur

Groot gat soos 'n petroldrom

Dun nekkie soos 'n present kierie

Hang gevreet soos 'n saalsak

Groot hande soos 'n piesangtros

Ek is versigtig vir die manne in die grys pakke. (haaie in die see)


Naief = Hy is soos ‘n oop boek, maar die bladsye is leeg (blank)

Geheimsinnig = Hy is soos ‘n toe boek, hy lees nie eers homself nie.

Baie praat = Hy praat so baie, tot die weerkaatsing in die spieël gesels terug.

Tweestryd = Hy kan nie eers met homself saamstem nie.

Eensaamheid = As jou mensejas met lugleegstes gevul is.

Hy is so toe, nie eers 'n liggie brand daarbo nie (in sy top story nie)

Die ligte is aan maar niemand is tuis nie.

Die windjie is lui, te lui om om mens te waai, waai sommer deur jou.

En daardie hoes, het jy vergeet om die tuinhekkie toe te maak?

Is jy in 'n grot gebore? (as jy nooit 'n deur agter jou toemaak nie.)

As tweetjies so iewers heen verdwyn en terugkom met 'n rede oor waar hulle heen was, het my pa altyd vreeslik skelm gevra: is dit wat júlle dit noem?

Hulle het gaan wandel (verlief wees)

Hy kyk haar leepoog aan (verlief wees)

Hierdie koppie het 'n gat in (as koppie tee of kopikofi heerlik smaak en te gou opgedrink is.)

Sêding is 'n lekker sê - want sêgoed wil ons almal hê!

Dis in tye van teëspoed wat jy besef wie jou eintlike vriende is.

Pakslae: Jy gaan streepsuiker kry of laat die rottang praat!

Koue: Vannag ryp dit tussen man en vrou.

Beskrywende Woorde: Stap
Toe stap hy 2 rye spore huistoe.

Hy stap so hinke pinke as sy enkel geswik het.


My ouma het altyd gevra .. verwag jy gaste om na jou in te kom? (is jy in 'n stal/grot gebore?)

Ek draai gereeld om en loop in myself vas! (Einstein brein)

Moenie in my ore braak nie! (ek sê dit graag vir mense wat heeltyd kla of skinder)

Hy loop blinkoog rond (verlief wees)

Hy/sy laat die sterre in haar/sy oë skitter (verlief wees)


Sy't nie die chocolate inni middel van haar smartie gekry nie.

Hy't in verkeerde ry gestaan toe Eva die appeljies uitgedeel het.

Sy't geen vreugde in haar Turkish gekry nie. (aan iemand wat bietjie "af" is)

Sy het haar engelevlerkies vir die duiwel geleen!

Die een op vlug en die ander in ’n wit bed!

’n Lewendige-dooie gesien ...

Mens tap mos nie wyn direk van 'n wingerdstok af nie!

Ek glo nie aan pille en dinge nie - doen nog net die brille op hierdie stadium

Jy het nie 'n skadu as jy in die donker wandel.

'n Skadu is aan ons as mense gegee as daardie sigbare deel van 'n gewete. As jy nie jou skadu kan saam neem nie...moet dan nie daar gaan nie.

'n Man sal 'n vrou soek soos sy Ma en 'n vrou 'n man soos haar Pa...of dit goed of sleg is...

julle praat van padkaarte op jou bene ... sjoe, al wat ek kan sê, maak seker jy ken jou GPS address ingeval jy verdwaal ... want daar is steeds 'n verskil tussen die longitute en latitute!


Druiwe beheerde sinne (dronkmans-praatjies)

Die man met die lewensbeskouing wat net so vars soos die sap is.

En nou is ek weer aan die ander kant van die munt

Die mens in die spieel is seker al wat saak maak.

Ek het besluit om 'n pad van eerlikheid in te slaan en in die proses moes ek die offer bring.

Mens moet nog jou hormone en dalk vir jou eie salvage, 'n paar mormone ook bygooi
Kyk maar met watse som word jy gelos!

Goeie gesondheid soos 'n koning se kroon is - Dit is onsigbaar en die enigstes wat dit kan raaksien, is die wie hulle gesondheid verloor het.


Goue Oues:

Dit was so nerf-nerf of ons was laat - Ons was amper laat.

Daar is skaars 'n haarbreedte verskil - amper geen verskil.

Hy is 'n bok vir sports - maak of hy mal is en doen alles.

As ek jou gryp bly daar niks van jou oor nie!

Moenie my kom 'hanna-hanna' as jy self agter die deur wegkruip nie!

Dit sal die dag wees as jy dink ek gaan dit doen!

Dit hou darem siel en liggaam aanmekaar.

Van sit en staan kom net mooi niks gedaan.

My kop draai soos 'n afkophoender vandag.

Jy het ’n plooigesig soos ’n mofskaap en knypknieë soos ’n grooteier-koei

Wye neusgate soos ’n flou perd en groot ore soos ’n bakoond

Wegstaan-voortande soos ’n stalvurk en hol toonnaels soos ’n soplepel

Hol wange soos ’n toegeslane brood en skurwe pote soos ’n vleipatat

Kort en dik soos ’n petrolblik

Ek seg dankie en jy poep oppe plankie (stank vir dank)

Jy kom hier aan soos ingelegde perskes na die maal (altyd laaste)

Hy het as op sy tone - Gapende gulpie

Sy bek hang - Iemand wat kwaad of ongelukkig is.

Wie se brood mens eet, dié se woord spreek mens - afhanklik van 'n ander persoon te wees

Nie `n naald hê om sy gat mee te krap nie - om brandarm te wees.

Jan Sparriewarrie - Om te lieg

Orige jukskei - Om in die pad te wees/ nutteloos .

Soos `n ketter vloek - Persoon wat baie erg swets.

Kontant met die mond - Maklik kommunikeer/vrypostig wees.

Spaar vir jou mond, is goed vir die kat en die hond - die oorskiet gaan tog maar net na die diere

Plas en plooi - fyn beplan en spaarsaam met jou geld werk.

Vir wind en weer rondloop - Kinders wat onversorgd/liefdeloos deur die lewe gaan

Ek sal jou klap dat jy soos 'n boesmantekening teen die muur sit!

As ek jou gryp bly daar niks van jou oor nie.

As ek maar soos 'n vlieg teen die muur kon sit!

Hy sit met sy bek vol tande.

Hou die gatsak styf toe.

Klou aan die rokspante van sy ma vas.

Hy is nog nie gespeen nie.

Kom ek om dan kom ek om ...

Sit gat - rus bene!

Hy dink die son skyn uit sy gat uit.

Sy dink sy piepie laventel.

Kom soos 'n skoothondjie aangedraf.

Om stert tussen die bene die hasepad te kies.

Uitgerys soos 'n boerbrood van al die eet.

Jy is nou sommer vol strooi!

As ek nou moet bieg sal ek moet lieg.

Jy is nou meer lawaai as wol!

Hy lyk soos 'n vlieg wat in karringmelk geval het.

Jy vaar onder valse vlag my maat!

Dit is vis nog vlees en gaan jou suur bekom.

Ek is nou oor die muur - gedaan gewerk.

Hy is 'n man van twaalf ambagte en dertien ongelukke.

Adam sê dis Eva en Eva sê dis die slang!

Gou by die bak, lui by die vak.

Hy laat hom nie met 'n blaas ertjies op loop jaag nie.

Die saak is blou-blou gelaat (nie by die punt uitkom nie)

Hy het hoogwater kuite soos ‘n vleireier

Verlief wees;
Hy loer daar ...

Hy gooi skaapogies ...

Hy soek perde of osse ...

Hy trap 'n voetpad ...

Hy wil pa sê ...

Hy hou hom wolhaar ...


Daardie hakskene is so skurf mens kan kool daarop rasper!

Ek het hom nou so sleg gesê met woorde jik sal hom nie eers kan skoon kry nie!


'n Mens kry geen gek agter 'n groot neus nie.

Glip of gly - neem jou besluit!

'n Laatperske-gesig - 'n suurgesig.

Ek lag my 'n boggel!

Jy het nog vanoggend gelê en poepruik toe werk ek al!

Daar is egter goed wat die wit waks uit my irriteer!

Ek is so deurmekaar soos 'n vlooi op 'n warm stoofplaat!

Dit lyk mos nou na 'n vendusie-vetkoek, bedoelende dit is plat en het nie baie vleis in nie.

Hy het 'n pie soos 'n vendusie-os.

Hy het bakore soos 'n rugby-trofee, of 'n nagmaalbeker.

Met daardie bakbene sal hy nie 'n vark kan vang nie.

Wye neusgate soos 'n briesende bul.

Met die agterent in die botter val – groot geluk oorkom.

Een se brood is ‘n ander se dood – wat ‘n nadeel vir een persoon is, is ‘n voordeel vir ‘n ander.

Buig of bars – dit maak nie saak hoe nie, dit moet gedoen word.

Die bul by die horings pak – om ‘n moeilike taak aan te pak.

Jy ken ‘n boom aan die vrugte wat dit dra – iemand se dade spreek van sy karakter.

Hy het iets op sy brein – hy praat aanhoudend oor dieselfde onderwerp.

Ek voel dit aan my broek se naat – ek is oortuig daarvan.

Wat nie wil buig nie sal breek – ‘n mens moet toegewend wees of die gevolge dra.

Iemand om die bos lei – om iemand te bedrieg.

Jy lyk ‘n mooi bog – jy sal dit nie kan doen nie.

Een blinde kan nie ‘n ander blinde lei nie – ‘n onkundige persoon kan nie iemand help wat niks weet nie.

‘n Boom het altyd ‘n skaduwee – ouers het ‘n groot invloed op hulle kinders.

Hulle het dit nie breed nie – hulle is arm.

Hulle sit onder een bos – hulle stem saam met mekaar.

Jouself te buite gaan – Jy het dit oordoen –nie jou mate geken nie.

Die koeël is deur die kerk en die ouderling is gekwes – die skade is klaar gedoen en dit kan nie meer herstel word nie.

Kolmuis vreet wasgoed - gesê van iemand wie se broek styf tussen die boude intrek

So oud soos my hande maar nie so oud soos my tande nie.

Die kortste pad tussen twee mense is ’n glimlag.

Lag is ’n magneet – dit trek ander mense na jou toe aan.

Lag is verniet (dit kos niks).

Lag lekker uit jou maag – dis goed vir jou maagspiere.

Mense van alle kulture en tale kan slegs een ding – ’n glimlag – verstaan.

Wees gaaf met mense op jou pad boontoe, want jy ontmoet hulle dalk weer op jou pad terug onder toe.

Eintlik is daar net twee soorte vriende, goeie vriende en slegte vriende. Goeie vriende het jy nodig en slegte vriende het jou nodig.


Soos `n blaar wat in `n water stroom val sonder om te weet waarheen ...

Soos `n hond wat blaf vir `n skaduwee wat nie werklik daar is nie ...

Soos `n ster wat verskiet op `n reis sonder `n bestemming ...

Soos `n wolk wat weg dryf op die horison sonder weerstand of omgee so is ek sonder jou.

 
Naar maar waar, die nuwe geslag is hul eie gevaar.

Sonder respek, is jy die gek.

Word wakker nou, voor jul die lewe berou.

Wat die kassie jul voer, lê jul met jul rug op die vloer.

Glo dit is net vir uithaal en wys, om iets aan `n man te bewys.

As jul oud word en dalk wys, is dit te laat om die vinger na die kassie te wys.

Niks mooier as 'n vrou wat lelik sit nie!


Ek kan dit ook tonestaan net-net onthou ...

Deesdae begin almal weer hul onthoujy's te politoer ...

Ek is regtig 'n geslote boek wat net stof opgaar aangesien ek niemand toelaat om my bladsye te lees nie.

Maar alles gebeur mos met padaanwysings, of hoe?

Ek besef dat my ambisieklokkie heelwat harder sal moet lui!

Dit is nie my 'dreamjob' nie, maar dit is 'n spike in 'n wiel en die wiele bly tenminste draai.

Vriende van ink - forum vriende


'n Bol wol in die krismisboks - 'n poets geskenk

Moenie laat ons nou dooie koeie met ou plooie opgrawe nie.


Jy sal in 'n soutpilaar verander soos Lot se vrou as jy nie visie kry nie.

'n Klein son kom op en verlig die hele oosterkim. (Dit is duidelik dat elkeen van ons die gawe het om ook vandag 'n son te wees nie vir onsself alleen nie maar ook vir ander.)

Die lewe is soos 'n Merry-Go-Round. Wat jy verloor op die perdjies , maak jy op op die swings". Party ouens wag nie tot die swings aan die beurt kom nie en klim op die perdjies al af. (By iemand gehoor)


Braafheid is nie die afwesigheid van vrees nie. Eerder 'n oordeel dat iets anders belangriker is as vrees.

Ek griffel 'n paar woorde op die bladsy. (Griffel - skryf)

Ek is nou nie juis die model tipe nie en het maar hier en daar 'n paar vroulike kurwes wat my darem meer na 'n mens laat lyk as na 'n geraamte.


Ons het soms op die plaasskool nog met 'n griffel en 'n lei geskryf. Juffrou het 'n paar gehad en wou ons wys hoe hulle as kinders leer skryf het. Mens kan nie eintlik mooi skryf met 'n griffel nie en sy het verduidelik dat mense vandag nog praat van 'n gegriffel as iemand lelik skryf.

Die krapgeluide van die griffel het altyd my tande stomp gemaak.


Grif - Griffel - Griffie: Almal in die HAT opgeteken maar dit word egter nie meer algemeen gebruik nie.


Dis so veelkleurig soos die nuwe landsvlag en so Babels soos elf amptelike landstale!

Jy loop met omdop-oë en bewerige jelliebabybene.

Mense is krukke, maar ek voel Godverlate.


Loop rank suintoe en dra jou bitter tjamas op jou eige ranke - bedoelende wyk van my af en loop braak jou gal daar eenkant!

Hulle staan op die dak toe ek daar kom - In Namakwaland waar die wêreld plat is, was die dak die hoogste uitkyk plek vir baie. As jy dan lank gedraai het, het mense op die dak gaat staan om te kyk of jy nie al aankom nie. Kom jy dan was dit 'n geskel or jy so lank gedraai het. Vandaar as iemand kwaad is vir jou staan hy op die dak vir jou!)

Klim van my tong af en praat jou eie prate! - Moenie op my tong kom staat en praat nie, bedoelende praat vir jouself! Moet nie my by jou skinnerstories betrek nie!

Is daar nog so plekkie in die pot? - Ek wil ook iets passeer!


Die uit-tog uit Egipte. Soos die N3 na Durban in December. Soos Menlyn op maandeinde ens.

Sodom en Germora.... verwysend na die euwels in die stede....
Ek sê altyd as ek na "losse-sedes" verwys... Sodomie en Cremora! Tussen 1652, deur Rome en meng alles met bietjie Cremora en jy het die hedendaagse reënboog nasie in 'n koppie ...


Dit is die tik van die tak wat hou my aan die gang. Is wanneer ek met min, dit wat geld nie kan koop, mense kan laat oorloop - Hulle uit ‘n depressie laat gorrel (laat uitkom)


Laat ons vaar dan bly ons uit die gevaar!


My ma sê altyd: "As dit sop reënt, da' staa' ons mos met 'n vurk" ... oor ons so swaar kry.


Soen 'n man met 'n snor. Dis net so goed jy eet sop met 'n vurk. Jy kan net nie genoeg daarvan kry nie.

Ons Afrikaners gooi mos nie ons speelgoed uit die pram uit as iets verkeerd gaan nie.

Mens spring mos nie op goed wat jy self voor gewerk en betaal het nie.


Rooi sonsondergang - Die son slat weer die horison kyk hoe rooi is dit

Die oumense het geglo as 'n kat hom in geselskap lek is daar kuiermense oppad.

My dogter is weer lief om te sê as iemand iewers heen moet hul en nie 'n ry geleentheid het nie hul moet maar "potifar"

My pa het altyd gesê as hy genoeg ge-eët het: "My magie ben vol en my pensie ben dik"

My vriendin praat altyd as sy van die duiwel praat van "ou sekelstert"


Fanaties-Fantasties Afrikaans!!
My ma - NICOLINA- seg: Starige gans verloor sy kans....

As ek iewers heen loop: Ek klap gou 'n toon winkel toe....

Hierdie plat sloffies wat mens dra vir skoene...."palastina-plakkies". Verwys na die Bybel-tydse leer sandale.

As iemand iets ongeloofliks stupid doen: Jy is nie so lekker 30 vandag nie (verwys na I.K. - dit kom van my niggie Christa (Mathee)-Kotze

Of as jy iets ongeloofliks stupid doen of sê: Jy is so effe ghagha vandag.

Ek het nie 'n dag-oud-se-idee om familie in Brits uit te lê nie!

Ek giggel al jare vir die ou bekende "dis 'n storm in 'n koppie" omdat ek so ryk verbeelding het...as ek net effens probeer sien ek nog die titanic ook daarin !!!


Dis 'n aardbewing in 'n mishoop.

As jy aas roer, stink dit. (moenie jou met onsmaaklikhede bemoei nie)

Die aasvoëls het jou beetgehad. (Iemand se klere is baie stukkend)

Iemand hou sy lyf aasvoël (Iemand kom altyd net op ete kuier)

Dis 'n slegte aasvoël wat bly sit as hy gevreet het. (gesê as verskoning deur 'n gas wat onmiddellik na ete moet vertrek)

In Abraham se skoot groot geword (Bederf)

Adam en Eva se skoene aantrek (Kaalvoet loop)

Nuuskierige agies hoort in die wolwehok (Die agie was Agie van Enckhuysen en haar geskiedenis het behoue gebly. Malherbe : Die uitdrukking is ontleen aan 'n 17de eeuse klugtige vertelling, oorspronklik van die midde St. Marten en oorgeneem deur Jan Zoet in T' leven en bedrijf van Clement Marot onder die titel (sic) Kluchtig Avontuurtjie van 't Nieuwsgierige Aeghje van Enckhuysen. Hiervan het Bormeester 'n klugspel gemaak" 't Nieuws-gierige Aegie)

Allemansgoed is niemandsgoed - Goed wat nie onder een persoon se sorg is nie, word verwaarloos

Allemansvriend is niemandsvriend - Iemand wat almal se guns wil wen, word dikwels verag.

Elkeen is homself die allernaaste- Eiebelang weeg die swaarste

Almanakke druk- Onwaarhede vertel (lIE LIKE AN EXPERT)

Uit die almanak wegloop - Spoorloos verdwyn (tAKE fRENCH LEAVE)

Jou pen in alsem doop - bitter oor 'n saak skryf

'n Man van 12 ambagte en 13 ongelukke - Iemand wat niks behoorlik kan doen nie (Jack of all trades, master of none)


Met huid en haard opeet! (alles opeet). Vel en hare ook!

My dogter Antjie sê altyd as iets holderstebolder gaan: Nou gaan alles gat-om-kop.

Tussen die hand en die mond, val die pap op die grond ...

Ek mag dalk 'n aap wees, maar ek is 'n ou aap!


En net daar slat die sonde vannie verlede my kop dat dit voel asof ekke in stereo dink.

Ekke ken mos nie al die woorde se spelling so goed nie en as die grootboek eers name begin noem dan slat my ore, mangels en kopbeen toe asof hulle op ‘n strike is.

As mens moet bid en nie weet hoe nie dan vra mens sommer alles gelyktydig wat in jou se kop opkom sonner om te dink en die kop hardloop dan met ‘n mens weg nes die skrophoeners oppie werf.

Voor die dominie kom moes Lenie vir my so bietjie soetwyn ingooi om my senuwees net weer op die regte pad te kry want ekke het gevoel dis Paulus self wat vir my nou kom kuier.

Die anner man ken ekke nie. Nog nie innie kerk gesien of innie straat nie.

Dit was asof die oordeelsdag hier aangekom het en ekke nie ‘n woord kon uitkry nie.


Praat djy wat lippe het, vrou! Maar soos my se ma my geleer het, ons pratie ytdie hysie!


Ou woorde wat ek as kleintjie by my pa geleer het en ons hoor dit nie meer nie:
oulap
mudsak
kardoes


"in die vroegaandskemerte, waar die troosbriesie die 34-grade somerdag genadiglik verdryf"

"lente-reinig" die huis.

"ook nie klaar gekry voor die Sealy my rug tot intieme kontak geroep het teen 23:00 nie"

'n beskrywing van die keer toe hy vinnig moes spring om sy seuntjie te vang omdat hy uit die boom wou val:
"Met my landing op die betonblad swig my enkel en ek koop ‘n nie-amptelike plot op my eie werf"

"en toe in my eie bed die “werklikheid verlaat” teen 23:30"


* Hierdie is so ‘n bielie van ‘n baie blou Maandag. Dis so erg ek voel al of ek ‘n gesplete persoonlikheid gaan kry.

* Groentesop en varsgebakte vetkoek is eintlik ‘n gawe gedagte vir vandag, en pannekoek vir nagereg is ook ‘n rein gedagte.

* Ek gaan nou eers nog ‘n beker koffie drink en ‘n vars stopsel in die pyp se keelgat druk.


Hier is een van my gesegdes as iets nie volgens beplanning verloop nie.

As alles uitmekaar val, sal dit wel weer restruktueer tot ‘n nuwe plan, ‘n nuwe beeld, ‘n nuwe betekenis.


'n Vriend en jarelange kollega van my het van sy werkplek eenmaal gese: "Om hier te werk is soos om sirkus toe te gaan! Jy mag net nie vir die narre lag nie!!"


My seun (wat in die weermag is) het vir my die gesegdes gegee!

"Moenie praat soos 'n lap wat skeur nie"
(Kry klaar gepraat, moenie dat ek alles uit jou trek nie)

"Hoe lyk dit my iemand het jou hare met 'n vurk en mes gesny?"
(Nadat twee troepe mekaar se hare probeer sny het)

"Ek is nou so honger, my maag maak al truuks om geld in die hande te kry!"
(Tipies army-kind wat altyd honger bly)


Hulle sê elke donkiemerrie dink haar vulletjie is ʼn resiesperd en so het ek dan ook twee resiesperdjies. (twee dogters).

Ousus met haar krullebol (sy noem haarself mopkop)

My huis bars uit sy nate. 4 Mense se lewens in hierdie huis ingedruk. Bertus sê as die mense met 'n vliegtuig oor ons huis vlieg, sal hul sien die mure bol uit om alles te huisves.

Dis so deurmekaar, hy sê hul sal nie hier inbreek nie. As hul by die venster inkom, sal hul sê, Kom ons loop, hier was klaar iemand. Darem skoon vuilgoed hoor.

Ai my lewe is so deurmekaar. Nie eens my herinneringe kan opmekaar volg nie.

TAALFOSSIELE


Dioramas agter glas, weerkaats flertse van gister's uitdrukkings. Eens bekend - nou taboe.

Hotnot! waar staan die klong se kuif!
Uitroep van bewondering/ligte spot.

’n Los Hotnot
Vry om te kom en gaan soos jy wil.

Ek is niemand se hotnot
Minder aangename taak van die hand te wys/weier om te doen.

Kom hier my ou hotnotjie
Liefkosende naam-gebruik.

Gaan kyk waar die bul die Hotnot gestoot het
Om te gaan 'broeklosmaak'.

Daar gaan ’n Hotnot dood
Wanneer die onderkant van wolke soos hangende vrouehare lyk.

Hy het ’n Hotnot doodgeslaan
Gesê van iemand wat voordurend teenspoed beleef.

TABOE WOORDE IN ONS 'OU' SPREEKTAAL: KAFFIRBIER


Daai bier is hier by ons; skud-skud genoem ... of umbru' - ek dink?


Ek reken die bier is van kaffirkoring gemaak en daarvandaan die verkorte weergawe: kaffirbier

Koringbier? Ek kan nie meer mooi onthou nie maar ek weet ons het altyd die "droesim" - meroek - dit wat agter gebly het nadat die bier afgeskep is, gebruik vir visaas. Dit is in 'n goingsakkie gesit en in die water laat lê om die visse te lok. Net daar waar jy die sakkie laat los het, met 'n tou aan, waaraan 'n leë 2 liter plastiesehouer vasgemaak is vir 'n merker.


Daar is ook na die broodboom as kaffirboom verwys, omdat die swartes dikwels die saad gebruik het, gemaal en brood mee gebak het.

Seg ek vir kleinkind dat ons nou praat van 'n Flambojant en nie meer 'n kaffirboom nie. Nou praat hy van die "swartboom" want die "swaarwoord" kan hy nie uitspreek nie.


Die kaffirpot is nou 'n Mandela Microwawe.


http://www.woesblog.com/afrikaanse-gesegdes-en-idiome-van-toeka-tot-nou